top of page

Meer oor ons

Kiddo Kleuterskool is 'n privaat instansie wat by die Gauteng Departement van Onderwys, Tshwane Munisipaliteit asook by SA Childcare geregistreer is.


Die skool is in 1983 gestig, wat ons uitgebreide ervaring in die versorging en opvoeding van babas en kleuters bied. Ons is 'n Christelike skool en met positiewe dissipline skep ons 'n veilige omgewing waar elke kind tot hul volle potensiaal kan ontwikkel.


Ons bied gestruktureerde lesse en volg die CAPS-leerplan, soos vereis deur die Departement van Onderwys asook 'n ekstra uitgebreide leerplan soos opgestel deur Kiddo om die leerders 'n verder hupstoot te kan gee.


Ons personeel is professioneel opgelei om na elke kind se fyn motories, groot motories, kognitief, sosiaal en emosionele ontwikkeling om te sien en te verryk. Saam met hierdie behoeftes, is ons hier om kinders toe te laat om pret te hê in 'n veilige en betroubare omgewing. Dit opsigself bied vir ouers gemoedsrus om hul kinders gedurende die dag by Kiddo te los.Klasse word in Afrikaans aangebied.


Ons fasiliteit bedien kinders van 3 maande tot 5 jaar met 'n verskeidenheid van aktiwiteite tot skoolgereedheid in die Moot, Pretoria.

quote.PNG
Meer oor ons: About Us
bottom of page